Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ons kuier graag op Onrus, geniet die rustigheid, en kyk graag na die walvisse in die omgewing. Tog lekker naby aan Hermanus met groter winkels en restaurante. Onrus se winkelsentrum meer as voldoende vir die noodsaaklikste."
"Dis 'n lieflike dorp en mens is bevoorreg om dit nog alles te kan geniet en waardeer. Dankie vir die instandhouding van al ons kultuurskatte - dis deesdae nie meer so algemeen nie!"
"Sal graag langer in Oudtshoorn vertoef, want weet hoeveel dit bied. Ongelukkkig hierdie keer net op deurreis daar oornag."
"As jy van treine/ou motors hou besoek die Outeniqua treinmuseum en bespreek vir jou plek op die Powervan om teen die asemrowende berge rondom George op te ry en te gaan piekniek hou."
"Ons kom van Knysna en woon jaarliks die KKNK en Karoo Klassique by. Die klasieke musiek en hoë standaard kunsuitstallings, kultuur, die argitektuur, oop skoon lug, sterre en die mense is wat ons elke keer terug laat kom."
"Paarl is 'n pragtige toeriste bestemming, naby aan baie mooi plekke om te sien soos Spice Rooute en CBC Brewery."
"Baie tevrede met Juffroushoogte. Ek het reperasie nodig gehad op my bril. Beland by Weskus Mall. Groot, uitstekende diens gekry by oogaarts. Was net kort in die dorp, baie sentraal vir klomp toeriste-bestemmings daar rond."
"Daar is so baie om te doen in Lambertsbaai en omgewing. Besoek die duine, dis 'n belewenis. Muisbosskerm is steeds tops sedert ons dit 25 jaar gelede die eerste keer besoek het. "
"Goeie plek, die weer het ons n bietjie teleurgestel maar dit is buite almal se beheer. "
"Wonderlike pragtige, skoon dorp. Heerlike eetplekke en interessante winkeltjies. Beter wynplase as om Stellenbosch. Vreeslik baie om te doen in die omgewing. "
"Wat 'n rustige dorp en pragtige omgewing, 'n moet vir iemand wat rus en vrede wil hê. "
"Pragtig! Temenos die hoogtepunt! Ps 23 - Na waters waar rus is en groen weivelde word hier waar!"
"Lieflike vlaktes, interessante plekke om by te stop en goeie wynplase. Mooi karoo-dorpies met lekker koffiewinkels wat mens uitnooi om te stop."
"Die Natalse strande kan net nie vergelyk word met die skoon strande in Hartenbos nie. Ons is nou absoluut verlief op die Kaap !"
"Organiseer gerus 'n wynproesessie by Boplaas en De Krans. Almal is baie behulpsaam, en die wyn is soet, baie soet."
"Paternoster bied alles vir n toeris! Die gevoel van n kleine Griekse-dorpie maak dit alles die moeite werd."