Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Die weer was nie lekker toe ons daar was nie. Regte wintersreën en -winde en kou sonder einde. PS: Ons was daar in die winter!"
"Lambertsbaai vertoon swak, vuil en verwaarloos. Die dorpsingang en begraafplaas lyk swak en skep 'n swak indruk. By die OK-winkelsentrum is dit vuil. "
"Fantastiese buitelewe. Die rivier is 'n pluspunt! Pragtige wandelpad langs die rivier af. Geen restaurante met 'n see-uitsig nie, dis teleurstellend, behalwe die gholfbaan. (Mooi uitsig). Die naaste restaurant met 'n see-uitsig is in Jongensfontein en dit was albei kere dat ons daarheen was toe? Seker net oop in seisoen? Baie lekker hoender by Freekin Cicken geëet. Hulle is oop tydens beurtkrag!"
"Gansbaai en omgewing se natuurskoon is wonderlik! Ons geniet elke besoek aan hierdie omgewing vreeslik baie. Ons het hierdie keer by Mamarita's gaan uiteet en die kos was goeie waarde en baie smaaklik!"
"Jy sal nie spyt wees nie, 'n definitiewe must do vir enige couple van enige ouderdom tot couples met kinders sal die plaas geniet."
"Ek dink die stadsraad behoort al die indringerplantegroei om die dorpsdam uit te roei en dat 'n gefokusde bemarkingsstrategie nodig is - ek weet nie eintlik waarvoor George bekend is nie en kon ook nie veel fabriekswinkels opspoor wat ek in my onkunde gedink het daar sou wees nie."
"'n Mens moet weet waarheen om te gaan. Die weer speel ook nie altyd saam nie, dus hou 'n mens altyd 'n Plan B in jou kop. Ons wou gaan blomme kyk, maar as dit bewolk, mistig, koud of reënerig is, kruip die blomme weg. So het ons op die lieflike Strandfontein in 'n pragtige restaurant gaan koffie drink en op die piepklein Doringbaai afgekom waar daar sowaar 'n vuurtoring was!"
"This wealth of tradition needs to be experienced by all South Africans. I would suggest more aggressive informational campaigns about Boland, not just advertising."
"Die blomme was 'n absolute fees hierdie jaar. Definitief die moeite werd om te sien."