Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dis 'n baie mooi dorp met baie om te doen. Dis veral bekend vir die walvisse wat vanaf Augustus tot Oktober daar is. Daar is egter baie meer. Ons gaan baie beslis weer daar oorslaap!"
"Die blomme in die Weskus Nasionale Park was van die mooiste wat ek in jare in die area beleef het."
"Die blomme was vanjaar werklik 'n groot bederf uit die Skepper se hand. "
"Wonderlike restaurante. Oppie Kaai & Gaatjie. At Botha Gallery. Winkels met nodige snuisterye en wonderlike produkte. Patrysberg Slaghuis."
"Daar is so baie interessante dorpies en plekke om te besoek in die Weskus. Die paaie oor die algemeen is goed, en daar is baie herstelwerk wat gedoen word. "
"Ons is besigheidsreisigers wat belange in die Langebaanomgewing het. Die wind in die somermaande pla baie as jy nie self 'n seiljag- of vlieërplankentoesias is wat wind nodig het nie! Gedurende 'n goeie reënjaar,is die veld in die lente pragtig en interessant. Ook heelwat noordwaarts, bv. Groenriviersmond en Hondeklipbaai se kant toe. Die voëllewe by die strandmeer en noordwaarts na Rocherpanarea is vir ons interessant."
"Die Weskus is soos 'n ongeslypte juweel. Van die padstalle langs die pad tot die dorpies langs die kus, daar is iets wat almal sal geniet. Die dorpies is kalm, die natuur is asemrowend, die kos is baie lekker en die Suid-Afrikaanse mense is altyd vriendelik!"
"Gawe mense en baie hulpvaardig. Hoop hulle het beter akkommodasie as die een waarin ons tuisgegaan het, maar oor die algemeen baie goeie bestemming."
"A lovely little town. Very friendly. Lots to see and do if you like quaint places, birds and wild flowers."
"Die Weskus het 'n eie bekoring wat jy self moet ervaar. Muisbosskerm in Lambertsbaai, was 'n ondervinding!"