Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Ongelooflike mooi omgewing met natuur, strand, stilte en heerlike wegkomgeleentheid. Dalk net 'n voorstel om strandskoonmaak te reël tussen inwoners. Dis nie lekker om te sien dat die strand so vuil is nie, was so mooi skoon toe ons April 2021 daar was."
"Quiet and peaceful dorpie. More than suitable for a getaway and break from the hustle of life."
"I think with the new mall coming it will then be just sufficient and not overcrowded. It's very nice walking along the seashore."
"'n Ontbyt of middagete by Deli-on-Main is 'n moet. Heerlike kos met ordentlike porsies. Heerlike tuisgebak en aandenkings te koop! Puik diens. Dwarskersbos is perfek vir 'n see-vakansie of sommer net 'n naweek weg van alles."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Klawer is great for wine farms and tranquility, but recommend going to Vredendal for better grocery and admin needs."
"Will definitely recommend people to swim the Velddrif Mile. It was a wonderful event where the community seemed to all be involved in some way or another. Also enjoyed our trip up the Berg River on Crackling Rosie."
"Skoon, netjies, paaie goed, heelwat restaurante en eetplekke, asook viswinkeltjies, laundry en Weskus Mall. Sentraal om kleiner kusdorpie te besoek."
"Beslis beeldskoon en uiters rustig, soos net die Weskus kan bied. Daar is ook genoeg lekker eetplekke in die nabye omgewing."
"Dalk 'n bietjie groter algemene handelaar en beheer oor die straatsmouse. Paternoster bied uitstekende restaurante. Sou langer wou bly om almal te ondersteun."
"Verlief op Strandfontein. Dis 'n heerlike plek en perfek vir strandstap en het sommer vele oulike plekke ontdek. Kos vir my siel dié plek."
"Paternoster is pragtig en die rustigheid is wonderlik. Net jammer dat die mense op straat skulpies probeer verkoop en as mens sê nee dankie, begin hulle aanhoudend bedel, wat ongemaklik is."
"Dwarskersbos is 'n pragtige plek. En baie rustig. Met vriendelike mense in Dwarskersbos. Die see wat jy kon hoor in die oggend. Ek gee Dwarskersbos 'n 100%."
"I thought my hometown, Cape Town, was the most beautiful place - until I experienced St Helena Bay. There are no horrible grey buildings, no traffic jams, no exorbitant amounts of litter or the air smelling like pollution. If I could, I would move to St Helena Bay permanently. I absolutely love it there."
"Ek hou van Lambertsbaai, want dis amper deel van my kontrei waar ek groot geword het. Het in die Olifantsriviervallei my jeugjare spandeer."