Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 7117 reviews.
"Die strande is baie netjies en tussen die wonings. Die sekuriteit is ook vriendelik en behulpsaam. Gaan beslis my vriende aanbeveel."
"Ek is bang dat die karakter van Langebaan ondermyn sal word deur industrieë. Dit is 'n juweel wat bewaar en beskerm moet word."
"Die Weskus is nie te alle tye van die jaar beeldskoon nie, maar plekke soos Khwa ttu, maak dit mooi."
"Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!"
"It's 5 stars if you want to spend your holidays relaxing i.e to escape from stress. It's also nice if you like the beach. It's safe for children, which is nice, as they can do whatever they want to do."
"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"
"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "
"Doringbaai is 'n pragtige skoon dorpie. Hier kry jy werklik rus vir jou siel. Die 4x4 en staproetes word aanbeveel. Heerlike Snoek gekoop by die vissers. Dit was 'n belewenis om hulle dop te hou as hulle die menigte vis vlek en sout. Ignoreer maar die bedelaars, anders raak hulle lastig."
"Jacobsbaai is pragtig en rustige dorpie, en ook naby ander oulike dorpies soos Paternoster."
"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek."