Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Ons was teleurgesteld om te sien dat die onderhoud van die pikkewynpoel (Bird Island) gestaak is en na 'n jaar nie herstel is nie. Daar is tans onbruikbare water in die poel. "
"Breakfast at Rosemead Artisan Bakery in Yzerfontein Lifestyle Centre in Park Street was great!"
"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."
"Pragtige stil en veilig vir stap, fietsry, naby Paternoster, Die Palm sentrum en Velddrif wat wonderlike restaurante bied."
"Velddrif het baie om te bied vir mense wat na rustigheid en skoonheid van die natuur wil wegbreek."
"Baie van die restaurante is nie oop in die aand nie, maar ons het dit soort van verwag omdat dit nie vakansieseisoen is nie. Ons het die plekke wat wel oop was terdeë geniet!"
"Baie groot verrassing. Dit is 'n absoluut netjiese en skoon dorp wat geweldig vinning uitbrei."
"Yzerfontein is one of the most beautiful little towns along the West Coast. Also probably the cleanest and best maintained."
"Pragtige natuurskoon, veilig om te swem of om aan ander aktiwiteite deel te neem soos om te stap of kano's te huur. Interessante winkeltjies en restaurantjies. Veral die moeite werd om in die blommeseisoen die Weskus Nasionale Park te besoek."
"Fantastiese ontbyt geëet by die Boathouse, kos is uitstekend en die uitsig ongelooflik."
"Baie goeie tandarts op die dorp. Uitstekend toegerus en baie knap. Ons ry van baie ver af om hom te sien. Elke kilometer werd!"
"Ideale bestemming om die omgewing te verken tydens die blomseisoen en 'n Weskusvakansie te hou."
"Winetasting, flower viewing, en route on the road between Cape Town and Namibia with many wonderful stops on the way."
"Baie rustige deel van die kus. Nou-en-dan kry jy die reuk van die visfabriek (hang af hoe die wind waai), maar dit is geen probleem. Sal self in die omgewing wil bly."
"Die dorpie se strande is bietjie vuil, maar die restaurante in die dorp en omgewing is fantasties. Ons het dit vreeslik geniet om by Captains Cabin te eet. Cup of cake se koek en ontbyt is uit die boeke uit. Dorp is andersins skoon, almal is vriendelik en maak grappies. Dit was regtig baie lekker in Saldanha."
"Some interesting history, a visit to The Museum and Bird Island is interesting and informative. Although we did not eat out, there are some great eating spots."