Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Pragtige, stil kusdorpie waar 'n mens lafenis vir jou siel kan vind, terwyl jy die vars seelug in asem."
"Baie rustige dorpie waar tyd nog stilstaan in die gejaagde lewe. Geen groot winkelsentrums ens, maar Saldanha en Vredenburg wat albei ongeveer 20 km van Jacobsbaai is, het al die geriewe soos winkels en petrolstasies."
"So wild and beautiful love the West Coast and the little village of Jacobs Bay is stunning!"
"Meer toevoeging van 'n winkelsentrum sodat toeriste 'n verskeidenheid van keuses kan hê."
"'n Wonderlike, ongekunstelde wegbreekplek uit die stad maar nog steeds naby aan alle gerieflikhede. Sal voortaan Paternoster elke jaar op die kalender sit om te besoek."
"As daar bietjie meer is om te doen soos 'n bootrit of so, dat mens nie al die pad Langebaan hoef te ry nie."
"Baie spesiale plek om te besoek. Lekkerste vars Angelvis gebraai wat vars gekoop was in dorp."
"Daar is baie lekker eetplekke vir redelike pryse, maar ek het net gedink die ander winkels was verskriklik duur, soos klerasie en ook die geskenk winkels. Dis dalk nie duur vir buitelandse toeriste nie, maar vir plaaslike kuiergaste wel."
"Dis 'n stukkie paradys, maar die bedelaars en kreefverkopers ontneem dit van 'n potensiële 5 ster-bestemming."
"Alles wat nodig is, is daar. Dit ontwikkel ook en daar word gewerk om die dorp mooi te maak en skoon en netjies te hou."
"Een van my gunsteling bestemmings in Suid Afrika. Heeltemal gek oor die plekkie en sy mense."
Longacres Country Landgoed, Weskus
Kleine Aussicht"Behalwe dat dit effens afgeleë is, is dit 'n lekker ontspanningsomgewing! "