Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Baie min winkels op Paternoster self. Koop jou kos op pad by Vredenburg tensy jy heen en weer wil ry. Moenie kreef op die straat koop nie, die goed is dood!"
"Ongelooflike natuurlik, nie te besig en Weskus gasvryheid. Is soms maar winderig soos die Weskus is, maar nietemin 'n uiters spesiale plek."
"Daar is nie soveel om op Hopefield te doen nie, maar die omgewing rondom Hopefield is beslis baie om te doen. Simply Bee se nuwe Salon is besoek. Ongelooflik verby. Beslis 'n toevoeging vir die Hopefield area. "
"Kreef smokelary is baie erg! Sal daarvan hou om te sien visserye, hou bietjie strenger wetstoepasing!"
"My hart is in die Weskus. En Lambertsbaai het alles wat nodig is vir 'n ongelooflike vakansie."
"Pragtige plekkie, vriendelike mense, topklas restaurante en goeie waarde vir geld."
"Elandsbaai is 'n baie klein dorpie met baie mooi natuurskoon en ongerepte strande. Vir dié wat wil wegkom van die gejaag en harwar is dit die ideale bestemming. Die mense is vriendelik en alles is binne loopafstand. Daar is winkeltjies wat die nodige voorraad aanhou, maar bring liewers jou eie voorraad saam. Die kinders het dit geniet om te probeer branderplankry en daar is wet suits te huur. Die water kan nie regtig sonder een aangedurf word. Lang ente stap op die strand is 'n moet en dis heerlik om saans die mooi sonsondergange te geniet. Die trein wat gereeld verby gaan pla glad nie en was besonders om te sien en te probeer trokke tel.Al wat gepla het is die verskriklike verwaarlosing en vullis is by die grot. Dis 'n baie rustige bestemming."