Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Die dorpie is nog nie ten volle ontwikkel as toeristebestemming nie. As jy van stilte hou, is dit die plek vir jou."
"Lambertsbaai is 'n rustige dorpie en 'n ideale plek om na weg te breek as jy wil ontsnap van die alledaagse gejaag en stres."
"Jy moet bereid en bekwaam wees om lang afstande te ry. Die natuurskoon is ongelooflik enige tyd van die jaar."
"Lekker plek! Lekker Mense! Báie lekker stappies op die strand. Moet nog baie gaan verken, so sien uit na die volgende besoek!"
"Hopefield is ‘n pragtige dorpie met baie geskiedenis en baie sentraal geleë om te gebruik as ‘n basis om die Weskus te verken. "
"Die strand is naby, veilig en kilometers lange wit sand waarop jy selfs met 'n stootkarretjie kan stap. Die dorpie stil en rustig. Ek sal dit beslis aanbeveel vir dié wat wil gaan afskakel en net lekker rustig wees. "
"Baie mooi, rustig en vriendelike mense. Sal almal aanbeveel om ten minste eenkeer in hul lewens dit te gaan bewonder."
"Baie vriendelike en gasvrye mense, en sal enige tyd weer daarheen gaan en verseker vir 'n langer tydperk."