Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
Longacres Country Landgoed, Weskus
The Quiver Tree"Weereens dankie Glen en Bridgette vir die lekker wegbreek naweek."
"Die pad verbeterings is ongelukkig 'n ongerief en kan nadelig wees vir plaaslike sake besigheid."
"Oulike dorp - is tans besig om hul paaie op te gradeer. Die mall is teleurstellend omrede jy nie als kry wat jy soek nie."
"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
"Paternoster is 'n pragtige vissers-gemeenskap en vakansiedorpie met al sy witgewaste huisies en gekleurde hortjies. Daar is lieflike eetplekkies en winkeltjies, maar deurentyd ervaar jy die eenvoud van jou kindertydse kaalvoet vakansies sonder al die blink liggies. "
"Die Paternoster atmosfeer is aansteeklik en gemaklik. 'n Klein gemaklikheidswinkel soos 'n SPAR of Mini P&P sal baie help met daaglikse benodigdhede soos vars brood, melk, ys, ens."
"Sodra die padwerke afgehandel is sal Langebaan seker weer 'n baie lekker bestemming wees. Ons hou saam met julle duim vas dat die konstruksiewerk vining afgehandel kan word."
"Lieflike vakansiebestemming alhoewel daar tans vreeslike ompaaie is terwyl daar aan die paaie gewerk word."
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."
"Daar is op die oomblik padwerke aan die gang in en om Langebaan wat ongerief kan veroorsaak, maar andersins bly dit 'n ideale vakansiebestemming. "
"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Dit is vir mense wat nie mense wil sien nie en die stillte wil geniet. 'n Oulike winkel wat die lekkerste goedjies verkoop wat net so vriendelik is. Die eetplekkie was net so vriendelik en die kos was smaaklik."