Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."
"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."
"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."
"Pragtige dorpie en beskik van alles wat jy benodig vir jou wegbreek. As daar iets op jou lys is wat tekort kom, is Vredenburg se prag inkopiesentrum 'n klipgooi ver."
"Ek het net een negatiewe punt, en het dit ook met hulle gedeel. Daar is baie trappe en het net gevra dat dit so aangedui word op die web. Ek glo nie ouer mense sal die trappies kan op en af klim nie."
"Yzerfontein is 'n fantasties vakansie plek vir enige mense wat van die see en rustige lewe hou! Ek gee vir Yzerfontein 100%."
"Dit is 'n pragtige, rustige vakansie bestemming met baie vriendelike mense. Heerlike ondervinding gewees."
"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."
"Dwarskersbos is 'n heerlike strand om vakansie te hou. Modern maar tog nog ongerep in die natuur."
"Pragtige dorpie met beautiful plekkies! Die Thali Thali Game Reserve was wonderlik! Fossielpark so interessant, 'n stop die moeite werd! "