Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Julle behoort 'n Spar te kry, want die 2 plaaslike winkeltjies is ongelooflik duur en min verskeidenheid."
"Die Dorpie self is wonderlik en ons het lekker gekuier by die Hotel se kroeg, dis loopafstand van die huis af."
"Die baai is klein en 'n aangename plekkie om te besoek. Ons het 'n lieflike "steak" geëet by JP's Pub and Grill. Die restaurant lyk onbenullig van binne en is eenvoudig binne met 'n lieflike kaggel maar die kos was voorwaar uitstekend voorberei en presies volgens versoek voorberei. Langs JP's grill is 'n Deli met verskeie snuisterye en heerlike gebak. Die Palm is naby geleë en verskaf 'n lieflike ete met 'n mooi uitsig oor die see en hawe. Daar is ook 'n winkel of twee waar mens kan gaan kyk vir iets meer uniek wat met die hand gemaak is soos byvoorbeeld kunswerke en kerse. Hannas Bay is so 60 km weg van Piketberg waar mens gerus die Versfeldberpas kan gaan uitry. Die pas is besonders en verskaf 'n lieflike uitsig oor die vlakte benede die pas. "
"Perfekte wegbreek van dorpe, mense en alles, maar steeds naby genoeg aan winkels om die "moet gou dit hê" te gaan haal."
"Was nou al drie keer op Paternoster, en hou baie van die pragtige oop strand, met die ongelooflikste sonsopkomste en sonsondergange. Blikkies Pizzeria is ook cool. Die water is bietjie koud vir swem veral in die winter, maar die stap langs die strand is net so lekker. Mens word net soms onnodig baie gepla deur kreefsmouse, wat maar 'n problem op Paternoster is. Maar mens verstaan ook die armoede van baie van die smouse wat probeer om 'n ekstra geldjie te maak. Persoonlik is niks nog gesteel by ons nie, maar diefstal is blykbaar 'n probleem op Paternoster. Verder is dit gerieflik naby Vredenburg vir inkopies. Sou cool gewees het as daar 'n plek soos Muisbosskerm of 'n Bush Pub op Paternoster was waar mens Weskus-sangers kon hoor sing en kreef goedkoperig kon eet."
"Klawer was vir ons ideaal geleë om oor te slaap onderweg na en vanaf Keetmanshoop in Namibië. In die blommeseisoen in Namakwaland sal Klawer ook uitstekend geleë wees om daguitstappies vandaar te doen."
"Muisbosskerm is 'n moet vir vakansiegangers. Was 'n belewenis wat ons nie sal vergeet nie. Is die bedrag werd."
"Die was nie ons eerste keer op Paternoster nie, en sal ook nie die laaste wees nie. Was beslis die beste plek waar ons al gebly het. Jammer dat die diefstal so toeneem, dit plaas nogal 'n demper op 'n mens se vakansie om alles heeltyd toe te sluit. Dit het nie juis in die winter gepla nie, was lekker "cosy" en warm in die toe huis, maar in die somer raak dit 'n probleem!"
"Hier moet mens beslis ook meer as een nag oorslaap. Daar is baie om te sien!"
"Vriendelike plaaslike gemeenskap. Restaurante goed. Die winkels is egter baie duur met hul produkte. "
"Baie veilige plek vir vakansiegangers, tot jou voertuie is veilig en niemand pla vir niemand nie."
"Te min om te doen met tienerseuns in die winter, maar ek glo 'n somervakansie sal super wees. "