Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Langebaan is a wonderful holiday destination especially for your kite surfers. But also for people who love nature and the outdoors. One of my favourite places on the West Coast."
"Paternoster is one of our favourite holiday destinations. Will definitely return, hopefully soon!"
"Lambertsbaai het meer om te bied as wat mens dink! Die bekende seekos-restaurant Muisbosskerm is daar, en verseker die moeite werd. Die kos was uitstekend, vars en smaaklik en om so na die see te kyk terwyl jy aan die vars vis eet, was regtig 'n wonderlike belewenis."
"Dis mooier as die prentjie wat ek vir myself voorgestel het hoe die dorpie moet lyk. Baie rustig en ontspanne en presies waarna ons op soek was vir 'n wegbreeknaweek. Byna 'n klein weergawe van die Griekse eilande. "
"Sentraal om al die Weskus-dorpies te besoek. (Saldanha, Paternoster en Velddrift self.) Perfekte wegkomplek. Ons dink nou om ons aftree huis hier te koop :)"
"Vredenburg is redelik sentraal geleë om te dien as staanplek vanwaar ander besienswaardighede aan die Weskus besoek kan word."
"Die verskillende voetpaadjies langs die see en die bankies was werklik 'n plesier. Jy kan ure daar sit en die kalmte van die see ervaar."
"Langebaan is goed geleë. Al probleempie is dat die winkels by die winkelsentrum baie vroeg toemaak."
"Wat 'n absolute fantastiese plek. Nie ver van die stad af nie en net ver genoeg om te kan afskakel en die see te geniet. "
"Paternoster is die mooiste Weskus dorpie - wonderlik vir foto's neem en het baie oulike restaurante. Ongelukkig word daar net te veel ingebreek in voertuie en blykbaar ook in huise - wat dit 'n bitter smakie gee."
"Wonderlike (en groeiende) Weskus-dorpie. Regte plek om 'n paar dae lekker te ontspan."
"Dis 'n pragtige, afgeleë plekkie met mooi huisies en eie karakter. Ideaal om net rustig te wees. Vredenburg is naby vir winkels en alle dienste."