Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Pragtige area. Ons het ook die besoek aan die West Coast National Park geniet."
"We were pleasantly surprised as in Vredendal the people were so eager to help us when needed. There is lots to see and also it is central if you want to use Vredendal as a base and to ride out from there. "
"Die omgewing is pragtig. Daar is baie besienswaardighede en sal weer die dorpie in die toekoms besoek"
"Het 'n dokter nodig gehad en hulp by spreekkamer was baie goed en het 'n mens gemaklik laat voel."
"Klawer is baie klein. maar so naby aan Vredendal wat baie besighede en besienswaardighede het. "
"Ek was nie bewus dat dit so sentraal is vir blomme kyk nie. Net 1 uur of wat na die Weskus Natuurpark, Langebaan, Darling en omgewing en net 2,5 uur na Van Rhynsdorp en Clanwilliam en net so bietjie verder na Nieuwoudtville."
"Rustige vakansie dorpie. Sal glad nie omgee om daar te gaan aftree nie. Almal baie vriendelike mense wat daar woon."
"Vredenburg is baie sentraal vir Paternoster en ander omliggende dorpe en is nie so duur nie."
"Heerlike bestemming met pragtige natuurskoon en lekker naby aan ander plekke soos Langebaan."
"Mooi vakansie-strandoord. Bietjie ver vanaf naaste dorp met nodige voorraad. "
"Baie tevrede met Juffroushoogte. Ek het reperasie nodig gehad op my bril. Beland by Weskus Mall. Groot, uitstekende diens gekry by oogaarts. Was net kort in die dorp, baie sentraal vir klomp toeriste-bestemmings daar rond."
"Daar is so baie om te doen in Lambertsbaai en omgewing. Besoek die duine, dis 'n belewenis. Muisbosskerm is steeds tops sedert ons dit 25 jaar gelede die eerste keer besoek het. "
"Goeie plek, die weer het ons n bietjie teleurgestel maar dit is buite almal se beheer. "