Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"In die Wintermaande is meeste van die restaurant toe. Ons het nogtans lekker gekuier en gerus."
"Baie beslis plek vir toeriste. Dis 15 km van elke plekke en mens kan baie doen deur te ry en kyk na al die dorpies om Paternoster. Daar is nou groot winkelsentrums nou, wat nie daar was toe on laas daai roete gedoen het nie."
"Perfek vir iemand wat stilte waardeer. Ietwat verwyder van restaurante en inkopies (kan nie soontoe stap nie)."
"My voorstel is wel dat die park 'n besigtigingstoer kan reël na Church Haven. Ons was nie toegelaat om daar te kan ingaan nie en voel werklik dit is een van die plekkies wat ons wou besoek en foto's te neem. As jy dit dan nie mag besoek nie maak 'n plan."
"Paternoster is 'n lieflike plek om oor te bly - ons sal enige tyd weer oornag in hierdie tipiese Weskus-dorp. Heerlik geëet by 'n strand restaurant net om die hoek van die blyplek. "
"Vredenburg het als en nog meer - in die dorp alles beskikbaar asook die nuwe Weskus mall. Naby Langebaan en Parternoster."
"Nie genoeg vir kinders om te doen nie al is daar strande. 'n Lekker warm swembad in die winter sou lekker gewees het soos by Club Mykonos maar dit is net vir members only."
"Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai."
"Dit bied rustigheid met al die kleinhoewes, geen verkeer en die ongelooflike uitsig van alle kante. Dit is naby alle fasiliteite."
"Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees."
"Absolutely loved St Helena and planning on retiring there. What a safe haven with unspoilt beauty all round and a beautiful, friendly community."
"Baie lekker geleë, kan vir 'n paar dae hier oor bly en al die omliggende dorpies besoek. "
"Wil dit nog bietjie meer "explore". Behou sy pragtige wit(huiskleur) karakter."
"Dit is werklik 'n plekkie waar 'n mens kan ontspan en die ongereptheid van die natuur kan geniet! Verfrissend."