Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "
"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."
"Marloth is 'n lifelike bestemming vir 'n naweek, want daar is so baie wild in die kamp en by die rivier kan jy net so baie sien."
"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "
"Great location for visiting Kruger National Park. Safe, clean and accessible to many things like Mozambique and other day trips. "
"Die mense hier is altyd vriendelik en behulpsaam. Die diere is 'n bonus! Sal dit aanbeveel vir almal. "
"'n Heerlike wegbreek vir 'n gesin wat die bos en natuur geniet."
"Marloth Park is pragtig en ek sal enige tyd teruggaan. Dis was ook nie ons eerste keer in Marloth Park nie."
"Marloth Park is met al die geriewe toegerus wat 'n mens nodig het en natuurlik uitstekend geleë vir besoeke aan die wildtuin."
"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "
"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."
"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."
"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "
"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."
"Regte ligging vir ontspanning en om die natuur te geniet. Al gaan jy nie Krugerwildtuin toe nie, kan jy nog steeds die natuur en rustigheid geniet vanaf jou voorstoep."
"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"
"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."