Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Perfect location to interact with the wildlife. Loved our morning and afternoon visits from the warthogs."
"Beste plek as jy rus en stilte om jou wil hê. Geen geraas en of enige harde musiek om jou rus te verstoor. Die winkels voorsien alles wat jy nodig het en baie vriendelike mense om jou te help. Die no. 1 plek om jou vakansie te gaan geniet. Bosveld beslis 100%."
"Alhoewel die grondpaaie bietjie verspoel is, was dit nog steeds 'n ongelooflike ondervinding. Dit is soos om in die bos in die wildtuin te bly met al die diere wat mens om elke draai teë kom."
"Marloth Park is a gem. Everything you need is in the park. From restaurants, swimming pools and shops. The animals are amazing to see and roam between camps. Cannot wait to go back."
"Marlothpark is 'n pragtige plek, so baie diere wat jy sommer van die gemak van jou huis se stoep af kan sien. Daar is winkels vir al jou benodighede."
"Ons lafenis. As alles net te veel raak, dan kuier ons net 'n rukkie in Marloth, en ons is weer reg vir nuwe uitdagings."
"Die omgewing is baie mooi. Die sekeriteit was streng en die wilde diere wat oral te sien is, laat jou voel of jy al klaar in die wildtein is."
"Great location for anyone looking to get close to nature. Highly recommend Marloth park and having Kruger National park only 20 mins away, gives you the best of both worlds."
"Marlothpark is pragtig! Voel of jy in die Krugerwildtuin bly. Lekker winkels om jou nodige items te kry en goeie besigheidsure ook."
"Ons het baie lekker gelag vir al vir die groot seekoeie, hulle is werklik groot. Baie bokkies gesien, baie vlakvarke en buffels, apies en krokodille in die rivier. Die restaurant teen die wildtuin is beslis 'n moet, het die mooiste uitsig met sonsondergang. Het dit baie geniet. Al die mense is super vriendelik."
"Baie lekker vakansiedorp met heerlike aktiwiteite, met 'n wonderlike uitsig oor die Krokodilrivier. Baie naby aan Krokodilbrughek van die Krugerwildtuin."
"It is primarily a game reserve, and should not be considered a party venue. Small children should not be allowed to roam freely. If you love wildlife, its paradise. Bush life at its best with fantastic sightings and interactions."