Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
"Baie lekker plek en ek gaan meeste daar. Alles baie rustiger as ander en prys is nie baie sleg nie."
"The ostriches are quite aggressive and as a parent find them to unsafe to walk around with children. Incredible to have so much wildlife variety up close though. Dirt roads dons't seem to be maintained too often."
"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Marlothpark is 'n great plek. Ons het baie diere gesien en die naweek terdeë geniet. Van die paaie is bietjie lelik om met 'n klein kar te ry. Sal ook daarvan hou as daar dakkies bo-oor van die uitkykpunte se bankies was sodat die son mens nie brand nie. Sal definitief weer Marlothpark besoek."
"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "
"Unfortunately Marloth Park was hit with some crime over the Easter Week-end, which did spoil what people were trying to enjoy."
"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
"Al die personeel, inwoners en die sekuriteitspersoneel was baie vriendelik en behulpsaam. Aanbeveling: Strenger kontrole by die hekke."
"Gaan al jare na Marlothpark, my enigste negatiewe waarneming is dat daar hopeloos te veel huis nou is, wat meebring dat daar baie minder diere is om te sien, 'n groot fout."
"Die park was ongelooflik besig oor Paasnaweek, maar soos altyd het ons dit terdeë geniet. Pragtige olifante by die rivier gesien. Elke besoek aan Marloth is vir ons kos vir die siel."