Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Wanneer jy wil ontspan en rustigheid wil beleef dan is hierdie die plek om te wees."
"Ons het lekker gerus, hoef glad nie te gery het nie. Kon heerlik op die stoep sit en die diere geniet."
"Die personeel by die ingang hek het nie hulle werk gedoen met ons aankoms nie en eers 2 dae na die tyd agter gekom ons het nie 'n plakkertjie op die voertuig se ruit nie, moes toe eers inteken en hulle was baie ongeskik dink die personeel moet aangespreek word."
"Ideale oorbly vir wildtuin-dagbesoekers of anders soos ons net die bos beleef. "
"Dit is 'n goeie selfry wildbesigtigings-aantreklikheid. Dit raak nou net te veel mense en huise is te opmekaar. As mens in die aand buite sit om na die natuur te luister dan hoor jy orals mense gesels. Vir mense soos ons wat ruimte, stilte en natuur gewoond is, raak Marloth Park te besig."
"Pragtige plek. Ons was baie beïndruk met hul slaghuis. Die vleis was van puik gehalte. Sal die Park aanbeveel."
"Die sekuriteit by die hek (krokodilrivier) was nie altyd op datum nie. Sommige dae moes jy inteken, ander dae nie."
"Dit bly maar net 'n baie lekker plek om elke keer terug te gaan na. Die gasvryheid by Die Watergat restaurant is altyd verwelkomend, die winkels is baie goed toegerus en die park is baie netjies oor die algemeen."
"Vir ons familie was dit die lekkerste vakansie."
"Ek gaan gereeld soontoe, maar was erg geskok oor die toestande van die grondpaaie wat eens baie goed was. Ek het met my gewone motor soos altyd daarheen gegaan, maar het my motor lelik beskadig oor die swak toestande van die grondpaaie na uitkykpunte toe en langs die rivier af. Dit was regtig 'n groot afsitpunt. Lionsspruit se eie wildtuin se paaie nog erger. Geen kar kan daar ry behalwe 4x4 voertuie nie. Ek is nie gesê die paaie lyk so sleg en hulle laat jou ingaan net om vinnig om te draai en uit te kom. Dit is baie swak van Marloth Park. "
"Marloth Park was great. The River front on the Kruger Park was amazing. No need to go to Kruger every day as it was much nicer walking along the river seeing the animals than driving in the car all day."
"Die diere is baie skaarser as voorheen, maar nog steeds 'n baie lekker plek om te bly en vandaar die wildtuin te besoek."
"The proximity to the park makes it ideal and due to the crazy prices that Kruger expects for their accommodation it makes it very good value for money."
"We were not advised that the electricity was prepaid, so when it ran out at 6:00 on Wednesday morning, we thought it was a general power failure. We were only contacted hours later, whilst in the Kruger Park, that our meter "must just about be running low" and then sent the meter code. In the meantime, there had been no power for the 10 hours we were out."