Geverifieerde Resensie
Wild Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1886 resensies.
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
"There isn't much recreational activities in East London for those who love the outdoors and cultural activities. "
"Pragtige omgewing. Alles wat jy nodig het is beskikbaar. Jy ontspan werklik daar, want dit is baie rustig en mens vertrap mekaar nie."
"Gonubie is 'n baie lekker rustige bestemming vir 'n kort vakansie by die see. Enigste probleempie, as jy die dag nie kan see toe gaan nie, is daar nie veel ander aktiwiteite vir kinders nie."
"Heerlike see. Komende van die Kaap is die water heerlik en nie so yskoud soos wat ek gewoond is nie."
"Ons geniet dit in Gonubie. Probeer elke jaar af te gaan na Gonubie vir vakansie by die see al vir 5 jaar."
"Lekker bootrit op Kowierivier. Lekker viseetplek naby Pick 'n Pay. Naby pynappels en Pick n Whistle. Ons het vir 'n dag Addo-olifantpark toe gery en dit was perfek."
"So 'n mooi dorpie. Sal elke jaar daar vakansie wil hou. "
"Behalwe al die padwerke en verbeteringe in en om die dorp, glad nie sleg nie."
"Doen jouself 'n guns en gaan eet iets by Jules on Jarvis! Besoek ook die Craft alcoholic shop en probeer die bier, gin, ens."
"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "
"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."
"Ons gesin was in Oos-Londen vir die naweek as gevolg van die Cricket T20 African Cup. In ons vrye tyd was ons Hemmingways Mall toe gewees, wat 'n lekker groot Mall is met 'n wye verskeidenheid winkels wat in basies almal se belangstelling sal voldoen."
"Rustige plekkie. As jy ontspanning nodig het, is dit die plek om na toe te gaan."
"Nooit onveilig gevoel by verblyf. By die strandgebied was daar wel mense wat gedrink het en harde musiek gespeel het, alhoewel daar borde is wat sê dat geen alkohol en harde musiek toelaatbaar is nie. Dit was nie baie lekker om daar rond te beweeg nie."