Geverifieerde Resensie
Wild Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1886 resensies.
"The hotel restaurant by the beach serves great food and is convenient for lunch after a morning of sun and sand. "
"Nie baie toeganklik of sigbaar. Nie regtig geweet hoe om daar te kom nie. Geen duidelike aanwysings. "
"Baie lekker omgewing om vakansie te hou. Lekker klimaat en goeie toeriste aantreklikhede. Lekker vir fiksheidsentoesiaste."
"Gonubie is 'n fantastiese vakansie plek met alles wat jy nodig het. Jy het glad nie nodig om Oos-Londen toe te gaan nie."
"Kort net 'n slaghuis en miskien 'n toeriste skakel om bv seker aantreklikhede te bemark soos die die seehengel."
"'n Plek waar jy jouself weer kan vind in die pragtige natuurskoon en stilte!"
"Gonubie is 'n mooi skoon rustige dorp. Strand is maklik bereikbaar. 'n Apteek en die nodige winkels en dienste is beskikbaar. "
"Die dorpie is ver weg geleë van die res van die ander dorpies, maar het 'n paar plekkies waar jy 'n ete kan geniet en selfs 'n klein Spar. Dis vir die mens wat nie hou van hoofstroom vakansies en besige strande nie."
"Mooi, klein en intiem, heeltemal weg van die stadslewe af. Ons kon net nie 'n lekker familierestaurant in die area kry met 'n mooi see-uitsig nie. Daarvoor moes ons teruggaan Genubie toe. Crawford Cabins was mooi maar het net buffets. "
"Morgan Bay is a fabulous get-away. It has coastal nature reserves running north and south of it. The lagoon provides an amazing birding spot with Fish Eagles, Trumpeter hornbills, Crowned cranes, Kingfishers and many more. Fishing is good too. The Morgan Bay Hotel has a lovely restaurant and spa (best pedicures!). A walk along the coast from Double Mouth Nature Reserve campsite to "Bead" Beach is a must. Really beautiful. It is definitely one of our favourite places for holidays. A very special place."
"Dit is jammer dat die rotse so skoon gestroop is van alle seelewe. Die strand is lekker vir swem en die feit dat daar lewensredders aan diens is gee gemoedsrus. Dit was 'n eerste besoek en Morgansbaai sal ons weer sien,"
"Dit was die eerste keer dat ek Port Alfred besoek het en sal graag meer van die dorpie wou sien. Tyd was te min - volgende keer sal ek beslis meer tyd beplan vir Port Alfred."
"Dis 'n pragtige klein dorpie, die see is skoon en voel so privaat. Die winkeltjie het alles gehad wat ons benodig het."