Geverifieerde Resensie
Wilderness
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wilderness bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Each time we go to Wilderness we find new places to explore, suppose that's what keeps us coming back for more!"
"Hierdie omgewing en fasiliteite uitstekend vir buitelug aktiwiteite soos trail running en fietsry."
"Onontdekte juweel met baie meer fasiliteite as wat ek besef het. Uitmuntende eetplekke!"
"Dit is 'n baie lekker plekkie met ongelooflike goeie gees onder die mense. Dit was 'n heerlike ervaring om die plek te besoek en almal was baie vriendelik. Die strand was pragtig skoon en dit was vir ons en ons kinders 'n ongelooflike lekker tyd wat ons met mekaar kon deel."
"Wildernis bly ons gunsteling bestemming as ons daardie streek van die land besoek."
"Ons het al te vore in Wildernis tuis gegaan en dit so geniet. Dis 'n asemrowende plek met iets vir elke ou se belangstelling en 'n definitiewe moet op die toeriste lys."
"Ons gaan reeds verskeie jare tuis in George / Wildernis omgewing en dis pragtig daar en ek sou graag daar wou bly, dus sal ons weer en weer gaan."
"Dit is 'n ongelooflike mooi plek en het alles wat jy nodig het. Enige groot veranderinge sal die karakter van die dorpie en streek wegneem."
"Wilderness offers a beautiful clean beach, great restaurants and lovely walks along the river/lagoon."
"Ek ken die plek nie goed nie. Ek sal egter weer in die omgewing wil gaan kuier. "
"Ons is mal oor Wildernis. Die mark op 'n Vrydagaand is baie lekker. Al die eetplekkies in die village is baie oulik en skep 'n besonderse atmosfeer. Ons eet altyd heerlik by Salinas op die strandfront. Mens voel altyd welkom in die dorp en ons geniet die rustigheid van Wildernis. Ons kom weer!"
"Pragtige omgewing met so baie om te sien en te doen. Werklik aan te beveel as vakansiebestemming."