Geverifieerde Resensie
White River
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in White River bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 252 resensies.
"Die paaie in en om Witrivier is nie wonderlik nie. Hoofstraat knap, veral as motors geparkeer staan. Pad Numbi-hek toe skrikwekkend. Kan nie glo hul verwag buitelandse toeriste moet daarlangs ry nie."
"Witrivier is baie sentraal en is naby baie besienswaardighede. Daguitstappies van hier af in alle rigtings is moontlik."
"Witrivier is nie jou New York nie. Witrivier bied 'n eenvoudige keurige winkels om by te loop. Die area is skoon, veiligheid is maar bedreig so waak net teen dit. As jy jou malls en movies soek, ry die 30km na Nelspruit. Ontspan - jy is in Witrivier!"
"Jy het als wat jy nodig het bymekaar van restuarante, wegneemetes en net genoeg ander winkels waar jy jou nodige inkopies kan doen en naby genoeg aan verskeie toeriste besienswaardighede."
"Ongelooflike plek met als wat 'n person soek! Kan nie glo hoe Witrivier uitgebrei het nie!"
"Dit is n pragtige, rustige area wat jou sommer dadelik van al jou stres en probleme laat vergeet."
"Witrivier is volgens my die bestemming om na al die ander plekke te reis in 'n kort tydjie, soos Hazyview, Graskop, Pelgrimsrus en Sabie."