Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 672 resensies.
"Lieflike vakansiedorpie - veral wanneer mens dit kombineer met bootry en visvang in die rivier/see! Interessante winkeltjies met die nodigste voorraad beskikbaar. Ons het 'n baie interessante lesing gehad deur Martin Fourie - mede-eienaar van die nuwe 'Spasie' Restaurant oor die herkoms van rum en ook hoe dit gedistilleer word ens. Ook het ons dikwels by Pili Pili Restaurant gekuier waar die bote vasmeer. Dit was lekker om by die Wolskuur Markie te kon rondsnuffel. Ons kuiertjie was ongelukkig te kort om nog by Anchorage Restaurant ook te kon uitkom. Witsand/Port Beaufort kan definitief aanbeveel word vir 'n vakansiebestemming."
"Ons tweede keer in Witsand en sal weer kom kuier. Dorp was stil en drank was pepperduur. Maak jouself reg vir 'n R50 tot R80 heffing per bottle. Die twee restuarante was puik en het lekker gekuier. Die aas wat ons gekoop het was beslis ook nie die varste of die goedkoopste nie. Volgende keer sal ons meer voorbereid wees en nog lekkerder kuier."
"Think the shops close too early. We arrived 5:30 and could not buy milk or cooldrink and had to buy cooldrink at the restaurant at R20 a small bottle. "
"Ek en my man is mal oor Witsand. Baie klein, vriendelike gemeenskap. Lieflike strand en The Anchorage restaurant maak heerlike kos teen bekostigbare pryse."
"Witsand is bekend aan ons, aangesien ons 'n paar keer daar gekuier het. Dis rustig en stil. Die winkels voldoen aan behoeftes en jy kan heerlik eet by die restaurant."
"Ons het ongelukkig baie slegte weer gehad. Die rivier was bruin van al die reën en die wind het lelik gewaai. Ons kon nie alles doen wat ons buite beplan het nie. Lieflike plek en gawe mense wat vakansiegangers laat welkom voel. Definitief 'n plek vir as jy 'n boot het."
"Witsand is a quiet, peaceful, coastal town away from the hustle and bustle, it has a lovely restaurant on the beachfront and they are very reasonable with their prices. The river lagoon area is massive and you can see wind kite surfers enjoying the windy days on the river. The swimming beach is lovely and there were lifeguards on duty during our stay. It is definitely a place to visit!"
"Lekker kusdorpie vir in die see swem, draf langs die strand en in die buurt, lekker gaan stap en selfs 'n oulike mark oor Paastyd en Kersfees. Nuwe spesiale restaurant ook in die dorp."
"Truly awesome little town, especially midweek when it is quiet. Weekends can become rather busy, especially around the car park."