Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Dorp is baie skoon. Permanente inwoners is so trots op hulle plek en ook baie streng oor hulle reëls! 'n Mens voel veilig in die dorp."
"Lieflike stapstrand en lieflike kettingwinkel vir al jou benodighede."
"Pragtige plek en ons gaan gereeld soontoe vir 'n wegbreek-naweek. Mal oor die volstruise wat in die strate rondloop!"
"Yzerfontein is 'n wonderlike Weskus dorpie met mooi uitsigte en lekker staproetes. 'n Fantastiese nuwe Spar het oopgemaak met alles wat vars en lekker is. "
"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig het en uitstekend geleë op die Weskus-roete."
"Ons is dolverlief op die beeldskone, vreedsame, rustige, netjiese en vriendelike Yzerfontein met vele stap-moontlikhede wat ons toe gedoen het. Ons het jul "troeteldier-volstruise" geniet!"
"'n Baie lekker dorpie vir net rustig wees en afskakel. Die strand is asemrowend en skoon!"
"Het seker so na 30 jaar of meer weer hier aangedoen - wat was my verbasing om te sien hoe die plek ontpop het en nog steeds besig is om te groei - dit was verbasend."
"Dit is 'n pragtige dorp, met lieflike strande wat gefokus is om die omgewing te bewaar. Die dorp en strande is skoon en veilig met gasvrye inwoners en/of personeel by die onderskeie besighede wat uitstekende diens lewer. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke wat maaltye van puik gehalte voorsit. Sal die dorp beslis weer in die toekoms besoek!"
"Ek moet noem dat die bakery vir seker 'n aanwins vir die dorpie is. 'n Mens kan gaan relax in die koffiewinkel en jou hond is ook welkom. Dan gaan jy huis toe met n varsgebakte ciabatta - vars uit die oond. Fantasties!"
"Yzerfontein has a relaxing atmosphere and is a beautiful little town. It's situated next to a reserve so you can expect all sorts of animals to cross the road so no speeding and careful driving. While rinsing her glass at the kitchen sink my daughter spotted an ostrich strolling by ever so casually. Now that's not something you experience every day. Just a pity we didn't get our cameras out fast enough to get it on video but we were enjoying the moment too much."
"Baie vriendelike dorpie langs die Weskus met pragtige see en spierwit strande en duine. "