Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Great beach town - with a lovely holiday atmosphere. It is very close to Cape Town which makes it a very attractive holiday destination. "
"Vriendelike mense, genoeg om te doen en sien. Alles wat jy nodig het om jou die vakansie te laat geniet. Nie uitermatig besig nie, so jy kan lekker rustig verkeer."
"Die restaurante is fantastiese ondervindinge. Die strande en strate is baie skoon. Die Spar het ons verwagtinge oortref. "
"Beveel dit aan vir enige persoon dis 'n wonderlike, rustige area. Alles is naby winkel, aktiwiteite en see. Sal beslis weer gaan. "
"Heerlike vakansiedorpie, pragtige strand om op te gaan stap, rustig weg van die stad se geraas af. Kinders het die strand en rotspoele vreeslik geniet."
"Yzerfontein is a little gem of a town that I will certainly return to."
"Perfek vir wegbreek vakansietyd. Dis nie té besig nie, lekker om net te ontspan. Uitsigte is asemrowend. Beslis nuwe gunsteling vakansiedorp."
"Ons glo almal behoort 'n draai in Yzerfontein te maak. Gaan beleef die Weskus op sy beste."
"Baie rustige en skoon dorp. Lulas Restaurant het uitstekende kos en is 'n aanwins vir Yzerfontein. "
"Dis 'n pragtige rustige vakansieplekkie en ons was baie hartseer om te sien daar gaan 'n winkelsentrum opgerig word. "
"Baie geleenthede vir in die natuur wees; veilige strand en baie staproetes. Genoeg besienswaardighede om te besoek. Ook voldoende besighede soos winkels, restaurante en koffiewinkels. Iets vir almal. Daar word baie gedoen om die gebied te bewaar, en veilig en skoon te hou."
"Yzerfontein is 'n wonderlike plek, beslis een van ons gunstelingeplekke om te besoek. Dit was nie ons eerste kuier in Yzer nie en dit was beslis ook nie ons laaste nie. Die dorp is skoon, vriendelike mense. Die dorp word met trots bestuur en in stand gehou. Die natuurskoon is onverbeterlik. Winkels en restaurante is beslis die besoek werd. Enige persoon wat dit oorweeg om Yzer te besoek, moet nie 2 keer dink nie, bespreek dadelik!"
"Awesome plek. Mooi ligging, pragtige strande, mooi rotse en 'n baie mooi skoon plek, wow!"
"Pragtige dorp en 'n plek waar mens graag permanent sal wil bly, nie net vakansie hou nie."
"My gunstelingplek om te gaan wegkruip vir naweek of bietjie langer. Altyd vriendelike mense en lekker om te gaan rus. "
"Yzerfontein is eg Weskus, pragtige skoon dorpie en sentraal om die Weskus te toer."