Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"We loved the area, no noise pollution. Nice quiet neighbourhood. Good place to retire."
"Yzerfontein is 'n pragtige Weskusdorpie met 'n wonderlike, lang sandstrand. Daar is baie te sien en doen in die omgewing wat dit 'n baie goeie bestemming maak."
"Ongelooglike skoon plek en laat jou baie veilig voel. Sal vir seker die mooi kusdorpie besoek. Kos vir jou siel."
"A small seaside village that is a short 1.5 hour drive from Cape Town with a lovely walking track along the coastline."
"Hierdie skilderagtige vissersdorpie het baie te bied vir diegene wat graag rondkyk, lekker kuier en heerlike seekos wil eet. Daar is genoeg restaurante wat uitgebreide spyskaarte aanbied en die disse is vars en mooi voorgesit. Die uitsig oor die see is van die mooiste langs die Weskus en die gasvryheid van die mense is eg en hartlik. Die strandjies is netjies en skoon en meestal maklik bereikbaar. Vanuit Yzerfontein kan vele ander interessante dorpe besoek word, en in blomtyd is dit die beste plek om te wees. Vir 'n rustige verblyf is Yzerfontein die regte plek om mens se batterye weer te laai en die kop weer skoon te kry. Yzerfontein is 'n moet vir enigeen wat die Weskus wil verken!"
"Breakfast at Rosemead Artisan Bakery in Yzerfontein Lifestyle Centre in Park Street was great!"
"Baie van die restaurante is nie oop in die aand nie, maar ons het dit soort van verwag omdat dit nie vakansieseisoen is nie. Ons het die plekke wat wel oop was terdeë geniet!"
"Yzerfontein is one of the most beautiful little towns along the West Coast. Also probably the cleanest and best maintained."
"Fantastiese ontbyt geëet by die Boathouse, kos is uitstekend en die uitsig ongelooflik."