Geverifieerde Resensie
Zululand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1538 resensies.
"Kan bietjie raas op naweke a.g.v. mense van die area wat met karre op en af jaag en harde musiek speel in die strate."
"Ek sal teruggaan St Lucia toe, eers wanneer die kwessie t.o.v. die meer uitgesorteer is. Soos dit was voorheen, is dit definitief nie meer dieselfde nie, behalwe as jy dalk 'n boot het. Hoeveel visse, hippos, en selfs krokkedillle is oor in die meer, a.g.v. die probleem. Jy kan nie eers soos altyd langs die meer gaan sit en visvang nie, alles is toegegroei, behalwe as ek iets gemis het. Hartseer storie as ek die situasie so aanskou."
"Was 50 jaar gelede daar as 'n kind saam met my oorlede ouers ,toe was daar baie meer voëllewe asook meer diere, en jy kon groot visse vang in die meer. As die owerhede nie gou plan maak om die meer oop te maak nie, kom daar groot probleme."
"Thank you very much for catering for the South African market and for giving us the opportunity to experience the glamping style."
"Richardsbaai bied nie meer baie vir vakansiegangers nie. Geniet die see."
"Fantastiese plek vir 'n wegbreek. Lekker vakansie-atmosfeer. Vriendelike dorpie met die mooiste uitsig. "
"Ons het baie lekker daar gekuier. Die huisies is baie luuks en ons probleempie was onmiddellik uitgesorteer deur die vriendelike mense daar."
"Manlief hou baie van St. Lucia, maar St. Lucia het nie diep in my hart gekruip nie. Ek sal seker maar weer moet kom kuier, dalk maak St. Lucia die tweede keer 'n beter indruk op my."
"Lekkerste vakansieplek ever, dit is net 'n muskiet-"heaven" daar so maak seker jy het genoeg spuitgoed. Lekker dorp met lekker mense, baie om te doen en nie te slegte pryse nie. Charters vir diepseevisvang is baie duur, so kry vooraf pryse en budget vir dit. Geen klagtes oor die dorp nie, gaan weer binnekort terug."
"I went there for business and I'm not sure about the leisure-related aspects of Richards bay."