Geverifieerde Resensie
Zululand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1538 resensies.
"Cape Vidal was awesome and is a must for every one visiting this area, the boat trip up the St Lucia Estuary was also very pleasant."
"Baie oulike vakansiedorpie. Die rustigheid word bietjie verbreek deur die teenwoordigheid van die myn op die dorp."
"Winkelgeriewe is nie na wense nie. Sentraliteit t.o.v. besienswaardighede is van hoogstaande gehalte!"
"St Lucia is a good place to visit for all ages (from toddlers to grannies)."
"Lovely town with nice restaurants and a lovely beach. Very safe - as we actually walked on the road at 11pm."
"Hluhluwe self kan voorsien aan basiese benodigdhede, maar kan nogal uitdagend wees in vakansietyd."
"Baie lekker en pragtig. Die permitte is egter n groot struikelblok en is baie ongemaklik. Parkeraad kan vir plekke soos Palm Tree en die ander permitte uitreik vir hulle gaste vir die tydperk wat die gaste daar bly."
"Die nuwe Mtuba Mall is net die plek om aankope te doen voor mens die wildparke in die omgewing besoek."
"Daar is net nie genoeg aktiwiteite nie. Ek dink kinders sal baie verveeld wees daar."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"St Lucia self is 'n pragdorp met baie om te doen. Daar is baie verskillende plekke wat jy kan besoek en verskillende wild en boottoere waarop jy kan gaan. Ons toergidse was baie goed ingelig en kan jou die beste gee."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."