Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

164 @ Beach Road in Kleinmond

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 164, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 650 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

164 @ Beach Road in Kleinmond is 'n vakansiehuis vir 10 mense met 'n groot leefarea, 'n rustige atmosfeer en 'n lieflike see-uitsig. Hermanus is net 35 km van die huis af, terwyl die Harold Porter Botaniese tuin en die pikkewynkolonie by Stony Point in Bettysbaai net 15 minute van Kleinmond af geleë is. en

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers wat slaapplek vir 10 gaste het. Daar is koningingrootte-beddens in 2 van die slaapkamers, dubbelbeddens in nog 2 slaapkamers (waarvan een ook 'n babakot in het) en twee 3/4 beddens in die vyfde slaapkamer. Gaste in al 5 slaapkamers deel die gebruik van 3 badkamers.

Die kombuis is met 'n yskas, 'n vrieskas, 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en toebehore toegerus. 'n Ekstra tweeplaat-gasstofie is ook beskikbaar indien nodig. Daar is 'n wasmasjien in die motorhuis, asook 'n kragomsetter en solar-sonpanele indien die krag sou afgaan. Maaltye kan in die groot eetkamerarea genuttig word.

Die ruim oopplan-leefkamer bevat 'n ingeboude braaiplek en die huis het twee TV's wat elk 'n DStv-dekodeerder het. Daar is ook gratis WiFi-toegang beskikbaar. Die leefkamer bied toegang tot die veranda waar gaste die see-uitsigte met 'n glasie wyn kan geniet. Die huis het 'n dubbel-toesluitmotorhuis asook 2 oop parkeerplekke van die straat af.

164 @ Beach Road in Kleinmond is minder as 'n minuut se stap van die rotsagtige kus af en minder as 15 minute se stap van die berg af vir diegene wat van voetslaan hou. Verder is die hoofstrand, strandmeer, winkelsentrum, hawe en verskeie winkels net 'n paar minute se ry weg. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Tom Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 83

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kusweg 164, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink 164 @ Beach Road in Kleinmond het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 650
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R5 650
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 164, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA86ddb5e863472ad2507e6c7ebb27be003d3ce457ca9330ce5afd44a4423f21b2c51be985a2d41d50e06025a3ee1ab99ac1cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 650 per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 164 Beach Road Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.344776 19.017695

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang