Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

180 Degrees Ocean Experience

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

180 Degrees of Ocean Accommodation bied selfsorgeenhede oorkant die pad van die rotsige kuslyn in Franskraal. Die eiendom is 1,1 km vanaf die hoofstrand en 6,5 km vanaf Gansbaai se middedorp.

180 Degrees of Ocean Accommodation het 'n hoofhuis wat geskik is vir 8 gaste, en 'n kothuis wat geskik is vir 2 volwassenes en 1 kind.

Gaste moet asb. hulle eie linne en handdoeke saambring. Duvets en kussings word voorsien.
Linne kan teen 'n ekstra fooi voorsien word.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n gastetoilet. Die oopplan-kombuis is goed toegerus en het ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n kaggel en dit lei na 'n dek met see-uitsigte en braaigeriewe.

Die kothuis het 'n privaat ingang en 'n oopplan-leefarea en -slaaparea, 'n badkamer, en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n oondjie. Die kothuis lei na 'n stoepie met braaigeriewe en see-uitsigte.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die area bied 'n verskeidenheid aktiwiteite en geriewe wat besoek kan word, soos haakhokduik, die natuurreservaat, bergfietsroetes, visvang en swem, asook die Baardskeerdersbos-kunsroete.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michael B
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspannend. Mooi. Ons het verskriklik lekker gebly, dis 'n baie oulike huisie met alles wat jy nodig het, die view is verskriklik mooi en mens kan ne...
Sien meer
Feb 2025
Danita H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Dit was 'n langnaweek wat 'n vakansie was. Heerlike gerus! Dankie Rona!
Jan 2025
Brendan H
Gesin met klein kinders
5.0
Best stay ever, enjoyed every moment. Best stay ever, enjoyed every moment! Will see me again!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Lianca R
5.0
Ons het ons lywe bederf. Dit was 'n baie lekker bly met 'n ongelooflike uitsig van vroeg die oggend tot laat in die aand.
Jan 2025
Erika D
Saam met lewensmaat
5.0
Huis en ligging was presies soos beskryf op die webtuiste. Beste see vakansie ooit!
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 180 Degrees Ocean Experience het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA58da589a443796967772744649cdf5741624144bd455bc47612be4bd0a58ee9f21729804819a2589c3da89dc007decef293c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag (plek vir 3) 93 5 1 5 211 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.6097201 19.3906264

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang