Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

180 Degrees Ocean Experience

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

180 Degrees Ocean Experience bied selfsorg-eenhede en is oorkant die klipperige kuslyn in Franskraal geleë. Die eiendom is binne 1,1 km vanaf die hoofstrand en binne 6,5 km sentraal Gansbaai.

Verblyf by 180 Degrees Ocean Experience bestaan uit 1 hoofhuis wat 8 persone kan akkommodeer, en 1 kothuis wat 2 volwassenes en 1 kind kan akkommodeer.

Gaste moet hul eie lyn en handdoeke saambring.
Duvets en kussings word voorsien. Linne kan teen 'n ekstra fooi voorsien word.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet; 'n oopplan-kombuis wat goed toegerus is met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien vir gaste se gerief, asook 'n leefarea met 'n kaggel wat uitloop op 'n dek met see-uitsigte en braaigeriewe.

Die kothuis het 'n privaat ingang en bestaan uit 'n oopplan-leefarea en beskik oor 'n slaapkamerarea, 1 badkamer en 'n kombuisie wat 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n oondjie bevat. Dié kothuis maak oop op 'n klein patio wat 'n braai-area en see-uitsigte bied.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die area bied gaste 'n verskeidenheid doendinge en geriewe om te besoek, soos haaihokduik, die verken van natuurreservate en bergfietsroetes, visvang en swem, asook die Baardskeerdersbos-kunsroete.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tian V
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Die verblyf is perfek vir diegene wat moeg is vir die besige stadslewe en net hulle batterye wil herlaai. Ons het in 2023 vir die ee...
Sien meer
Nov 2024
Cherry E
Saam met lewensmaat
5.0
Charming, homely, well positioned bedsitter was amazing. An absolute gem. It was really an amazing stay. The double bed is incredibly c...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Marli B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, ontspannend. Ons het baie lekker gebly, dit is 'n perfekte plekkie met 'n asemrowende uitsig. Ons het ook baie vriendelike diens gekry en sal ...
Sien meer
Okt 2024
Herman V
Saam met lewensmaat
5.0
Het dit baie geniet en sal die plek enige tyd aanbeveel! Baie lekker gewees, die plekkie het alles wat 'n mens mag nodig kry, natuurlik was die uitsig...
Sien meer
Okt 2024
Annekie F
Saam met vriende
5.0
Ontspanne, net plek om weer jou batterye te herlaai. Fantastiese plek, soveel ekstra! Ongelooflike see uitsig. Die eienaar doen soveel moeite om die v...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 180 Degrees Ocean Experience het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 211, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA58da589a443796967772744649cdf5741624144bd455bc47612be4bd0a58ee9f21729804819a2589c3da89dc007decef293c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag (plek vir 3) 81 5 1 5 211 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.6097201 19.3906264

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang