Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

21 @ Benade

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Benade-rylaan 21, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R495 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

21@Benade is in Fichardtpark geleë en kan maklik bereik word vanaf die N1. Dis net 5 minute se ry vanaf die PnP Supermark, Bobbiespark, skougronde en Rosepark Hospitaal. Dis die perfekte plek vir moeë reisigers wat op soek is na oornagverblyf of diegene wat 'n rukkie langer in dié stil en rustige omgewing wil kuier.

21@Benade het 4 selfsorgeenhede wat volledig ingerig is. Die eenhede het elk gemaklike beddens, 'n badkamer met 'n stort, 'n privaat ingang en DStv.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai, WiFi en veilige parkeerplek in. Ongelukkig laat die uitleg van die perseel nie troeteldiere of partytjies toe nie. Kyk asb. vooraf of daar parkeerplek beskikbaar is vir abnormale groot voertuie of trokke wanneer parkeerplek vir meer as 1 voertuig nodig is. Ongelukkig kan groot trokke, karavane/kampeerwaens en groot sleepwaens nie geakkommodeer word nie aangesien dit die parkeerplek belemmer en toegang tot die perseel moeilik maak vir alle gaste. Daar word ook voorsiening gemaak vir krag- en wateronderbrekings in die aande.

Die Universiteit van die Vrystaat, SUT, Loch Logan Waterfront, Mimosa Mall en die Vrystaat Stadion, kan binne 10 tot 15 minute bereik word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 467 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Bernie B
Gesin met klein kinders
5.0
Stay was excellent. Stay was excellent, definitely recommend it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Nicolene F
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend! Baie vriendelik en behulpsaam. Veiligheid is hoog op die lys. Waarlik waarde vir jou geld. Ek sal 21@ Benade altyd aanbeveel vir oorslaap.
Aug 2024
Jacques P
Saam met vriende
5.0
Ons het net 'n nag oorgebly maar lekker geslaap. Fred was baie vriendelik en behulpsaam. Die plekkie was baie netjies. Lekker geslaap.
Aug 2024
Chris V
Gesin met tieners
5.0
Goeie prys; goeie verblyf! Ons het baie lekker gebly. Perfek om oor te slaap oppad vanaf die Kaap na Limpopo.
Jun 2024
Andre N
5.0
Stunning, waarde vir geld, sekuriteit is top. Ons het baie lekker gebly. Die bestuurder was baie vriendelik en hulpvaardig m.b.t. omliggende plekke. O...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Fred Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 605

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Benade-rylaan 21, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink 21 @ Benade het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Benade-rylaan 21, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAImRHmDaJlPo2KGJsOD6XhkEqzzKBSANR066SNv4bFNyGFOBzE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R495 per nag (plek vir 1) 467 5 1 5 21 Benade Drive Fichardt Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.13795 26.1808

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang