256 Brookes Hill Suites
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
256 Brookes Hill Suites is 'n lieflike vakansiewoonstel met panoramiese see-uitsigte in 'n veilige kompleks in Humewood, Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is ideaal vir 'n vakansie saam met 'n geliefde, aangesien dit net oorkant die strand is.
Dié woonstel met lugversorging bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die dubbeldeur lei na 'n onderdakbalkon met 'n tafel en stoele wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie. Die Brookes Hill-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en braai-area, asook veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Matthew Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 37
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink 256 Brookes Hill Suites het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap