Berg to Beach
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Straat 278, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 790 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Berg to Beach is 'n selfsorghuis in die voorstad Voëlklip in Hermanus, Wes-Kaap. Hierdie dubbelverdiepinghuis is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspanne omgewing.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers elk, asook 'n gastebadkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad, 'n stort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en albei kamers het en suite-badkamers met 'n stort. Die gastebadkamer het 'n toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n toonbank met stoeltjies toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV, kaggel en etenstafel. Op die boonste verdieping is daar 'n tweede leefarea met sitplek, 'n TV en 'n kroeg met 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit lei na 'n balkon met gedeeltelike see-uitsigte. Die sitkamer op die onderste verdieping lei na 'n stoep met 'n etenstafel en 'n braai. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n enkelmotorhuis en 'n omsetter. Hierdie verblyf is naby verskeie plaaslike geriewe, soos strande, winkels, restaurante en aktiwiteite, soos voetslaan of fietsry in die Overberg.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Ilanda Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 24
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Vyfde Straat 278, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Straat 278, Hermanus, 7200, Wes-Kaap