28 On Caledon
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caledonstraat 28, George, 6529, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 100R990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
28 On Caledon bied privaat en gerieflike verblyf in George vir sakereisigers en vakansiegangers. Dit is in die hartjie van 'n stil buurt, Camphersdrift. Agter die gastehuis is 2 reuse pieke wat deel vorm van die Outeniekwaberge. Stel jou voor om soggens rustig 'n koppie koffie of tee te geniet terwyl jy dié asemrowende uitsig bewonder.
Dié gastehuis met sy Europese styl is net 15 minute se ry van die naaste strand en lughawe af en is stapafstand vanaf die naaste banke. Die middedorp is net in die straat af en 'n entjie se stap bring jou tot by restaurante, koffiewinkels en pragtige botaniese tuine.
Verblyf is in 'n en suite-gastekamer met 'n koningingrootte-bed. Die groot en suite-badkamer het 'n losstaande Victoriaanse bad en 'n moderne, oop stort. Die kamer lei na 'n gerieflike sitkamer met 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n mikrogolf. 'n Kontinentale ontbyt kan bedien word en sluit ontbytgraan, granola, vars vrugte, melk en beskuit insluit.
Die sitkamer lei na 'n privaat stoep, rustige tuin en die swembad waar gaste gerus kan ontspan. Kinders sal op versoek oorweeg word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
SUE Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Caledonstraat 28, George, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink 28 On Caledon het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caledonstraat 28, George, 6529, Wes-Kaap