3 Key Largo
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandweg, Doonside, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R990 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
3 Key Largo is 'n selfsorg-eenheid op die onderste verdieping van 'n gewilde kindervriendelike oordstyl-kompleks. Die woonstel het 'n smaakvolle, Mediterreense tema en is ideaal vir gaste wat 'n ontspanne wegbreek aan die kus soek.
Die kompleks bied direkte toegang tot strande wat deur lewensredders beman word. Geniet 'n skemerkelkie op die patio terwyl jy kyk en hoor hoe die branders breek. Gedurende die wintermaande kan jy ook vanaf die patio sien hoe die walvisse en dolfyne in die water baljaar of dalk die jaarlikse Suidkus Sardien-migrasie beleef.
Die eenheid het slaapplek vir maksimum 6 gaste ? 4 volwassenes en 2 kinders onder 16 jaar. Die eenheid is nie geskik vir 4 volwassenes nie en sou 'n gas 'n bespreking vir meer as 4 volwassenes wou maak, moet dit op die kwotasieversoek genoem word en beloop dit 'n ekstra koste na aanleiding van die eienaar se diskresie.
Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n uitvou-dubbelslaapbank en 'n dagbed in die leefarea. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is 'n platskerm slim-TV met Openview-kanale in die leefarea. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring of dit te stroom. Die verblyf het onbeperkte WiFi.
Die eenheid word as 'n geheel uitverhuur en kamers kan nie afsonderlik bespreek word nie. Daar is plafonwaaiers in al die kamers en die eenheid het lugversorging. Die eenheid word bestuur en skoongemaak deur die eienaars wat net 10 minute vanaf die eenheid woon. Gaste word met in- en uitklok deur die eienaars verwelkom en afgesien.
Die eenheid word persoonlik deur die eienaars, wat 10 minute vanaf die eenheid woon, bestuur en skoongemaak. Gaste word ook deur die eienaars verwelkom met aankoms en vertrek. Vroeg-inklok en -uitklok of laat-inklok en -uitklok kan vooraf met die eienaars gereël word, maar dit is onderhewig aan beskikbaarheid.
Daar is 'n motorafdak voor die eenheid. Die kompleks bied 'n swembad, tennisbane, muurbalbane, 'n gimnasium, waskamer en braaigeriewe. Dit is ook lekker naby winkels, restaurante en talle besienswaardighede geleë.
Let asb. op dat die beheerliggaam se reëls te alle tye gehoorsaam moet word en dat daar onder geen omstandighede meer as 6 gaste, insluitend volwassenes, kinders, babas, en besoekers, toegelaat word nie. Indien die reëls gebreek word sal gaste uitgesit word en nie 'n terugbetaling ontvang nie.
Troeteldiere word nie 'n die kompleks toegelaat nie. Gaste word vriendelik versoek om ander inwoners in die kompleks in ag te neem.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Rita Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 117
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Strandweg, Doonside, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 3 Key Largo het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandweg, Doonside, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang