Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 Jongens Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1De Werf Hemel-en-Aardevallei-pad, Hemel-en-Aardevallei, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

3 Jongens Villa is 'n gewilde vakansiehuis met 'n asemrowende uitsig op die omliggende berge en oor die rustige Onrusrivier wat deur die erf vloei.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Op die boonste verdieping is daar 'n hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n uittrekbed vir 'n kind. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Op die onderste verdieping is die derde en vierde slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badbadkamer met 'n bad en stort. Die vierde slaapkamer is 'n gesinskamer met 'n koninggrootte-bed en 2 beddens vir kinders. Die vierde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n binnebraai.

3 Jongens Villa lei na 'n lieflike dek met sitplek, 'n swembad en 'n Jacuzzi.

Die huis is 12 km bo in 'n skilderagtige vallei geleë en word deur bekende wynkelders en besonderse restaurante, insluitend Moggs, Creation, Ataraxia, Ghost Fountain, Newton Johnson, La Vierge en Bushmen omring. Aktiwiteite sluit stap in die berg, bergfietsry en wynproe in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbedjie

2 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad
Vervoerdienste
TV
Verwarmer
Wasmasjien
DStv
Braai
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • 1De Werf Hemel-en-Aardevallei-pad, Hemel-en-Aardevallei, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1De Werf Hemel-en-Aardevallei-pad, Hemel-en-Aardevallei, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2a80ebe1495b766b36ff08730c6f23b3fc5e699ff48549bd17c767919875ae12899e25a47c0453ffaa3eb563fcb78d003d24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 12) 1De Werf Hemel en Aarde Valley Rd Hemel en Aarde Valley 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.353400626012 19.274865878016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang