3330 Seekoei
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoei-weg 3330, Marlothpark, 1200, Mpumalanga
- Vanaf R3 700 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
3330 Seekoei is 'n lieflike, ruim selfsorghuis oorkant die Krokodilrivier in Marlothpark.
Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 en suite-slaapkamers op die onderste verdieping en 'n oopplan-solder met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer met lugversorging op die onderste verdieping het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die tweede slaapkamer op die onderste verdieping met lugversorging het 'n koningingrootte-bed. Die slaapkamers het en suite-badkamers met onderskeidelik 'n stort en 'n buite stort en bad. Die 3de kamer in die oopplan area het 'n en suite badkamer met 'n stort en 2 waaiers. Die TV kamer het 'n dubbelbed vir kinders met 2 waaiers.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met verskeie dakwaaiers. Die kombuis, eetarea is oopplan. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas asook ek ekstra kis vrieskas, skottelgoedwasser, volledige eetgerei en breekware. Gratis WiFi is beskikbaar. Netflix en DStv Stream is ook beskikbaar.
Daar is 'n sonkrag-lig in die leefarea en batteryliggies in die kamers. Hierdie ligte, die gasgeisers en stoof verlig die effek van beurtkrag.
Koedoes, vlakvarke, rooibokke, sebras en swartwildebeeste loop heeldag op die stoep rond. Die voëllewe in en om Marlothpark is besonders en begeleide voëlkyk-staptogte word regdeur die park aangebied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
En suite
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lani Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Seekoei-weg 3330, Marlothpark, 1200, Mpumalanga
- Gaste dink 3330 Seekoei het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoei-weg 3330, Marlothpark, 1200, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang