Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4 Seisoene

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stompneusstraat 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

4 Seisoene is ’n ruim selfsorg-vakansiehuis vir 6 gaste in ’n stil doodloopstraat in Struisbaai.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n oopplan-kombuis met ’n binnebraai en eetarea, sowel as ’n sitarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het ’n bad, of ’n bad en stort. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met ’n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en ’n binnebraai toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die sitarea ontspan waar daar ’n TV met sekere DStv-kanale is. Dit lei na ’n omheinde agtertuin. Daar is buite-braaigeriewe, en parkeerplek is in die dubbelmotorhuis beskikbaar.

4 Seisoene is 1 km vanaf verskeie winkels en restaurante. Daar is ook verskeie aktiwiteite in die omgewing, soos branderplankry, sweefski, visvang, kajakvaart en walviskyk tussen Julie en Augustus.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Carla M
Gesin met klein kinders
5.0
Enige familie se droom. Gasvrou het regtig die ekstra myl geloop! 5 ster. Ongelooflik lekker!
Sep 2024
Marcelle W
Gesin met tieners
5.0
Modern house with all amenities needed. Location great. Absolutely tranquil. Our stay was fabulous. The hostess was amazing and very ac...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Abigail C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker! Ons het baie lekker gebly.
Apr 2024
Lientjie A
4.8
Was 'n lekker wegbreek naweek van rustige stap langs die see en die lewe geniet. Lekker rustige, mooi en veilige omgewing.
Aug 2024
Arno T
4.8
Ongelooflik netjies en skoon. Alles wat jy benodig en nog meer. Ons het baie lekker gebly.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Alison Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 35

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Stompneusstraat 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink 4 Seisoene het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stompneusstraat 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50eb2974777661d23a10f86bfe53d232c3e4a3c2b77ead87687d5c389cb5037f3e8ad5812efa79e1d3e09527fab0ba69959b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 4 Stompneus Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.806058 20.054671

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang