40 Six Avenue - Top floor
Kry 15% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Laan 40, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 100R935 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
40 Six Avenue - Top floor is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in Shelley Point in St. Helenabaai, 'n skilderagtige dorpie aan die pragtige Weskus. Hierdie verblyf is op 'n gholflandgoed geleë wat aan die strand front en bied maklike toegang tot ongerepte strande en opwindende aktiwiteite.
Dié tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Dit is op die eerste verdieping van die eienaar se huis geleë en het 'n aparte ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie kamers deel 'n gastetoilet en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof met 'n oondjie, broodrooster en 'n ketel toegerus. Hierdie woonstel het nie 'n leefarea nie, maar 'n knus sitarea met 'n TV is in die tweede slaapkamer beskikbaar. 'n Ingeboude braai in die tuin en parkeerplek vir 1 voertuig is is vir gaste beskikbaar.
Die landgoed het 'n uitstekende gholfbaan (9 putjies) en die omliggende area bied geleenthede vir voëlkyk, voetslaan en watersport, en om die Kaapse veldblomme tydens die veldblomseisoen te bewonder. St. Helenabaai is ook vir sy diverse seelewe bekend en is 'n wonderlike plek vir walvis- en dolfynkyk.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Gert Stephanus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 6de Laan 40, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Gaste dink 40 Six Avenue - Top floor het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Laan 40, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap