405 Bermudas
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoonrylaan 74, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
405 Bermudas is op die vierde verdieping en het 'n pragtige see-uitsig. Die strandwoonstel is reg op die wêreldbekende Umhlanga-promenade geleë met direkte toegang tot die strand en 'n lieflike wandelpaadjie.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitarea, eetarea en 'n toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbak-eenheid. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Die hele woonstel het lugversorging.
Daar is veilige onderdakparkeerplek. The Bermudas het 'n gemeenskaplike swembad vir gaste wat in die gebou bly. Gaste kan op die sonstoele ontspan en die see-uitsig geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Kirsty Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 211
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Lagoonrylaan 74, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 405 Bermudas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoonrylaan 74, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal