Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

5 on Weste

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weste-straat 5, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

5 on Weste bied gerieflike selfsorgverblyf aan 4 gaste in Dwarskersbos en is 300 m vanaf die strand.

5 on Weste maak van sonkrag gebruik en sal dus nie deur beurtkrag beïnvloed word nie.

Die eenheid het ’n privaat ingang en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, ’n kombuis, eetarea en sitarea. Die hoofslaapkamer het 1 koningingrootte-bed en die tweede kamer 2 enkelbeddens. Beide die kamers het plafonwaaiers wat met afstandbeheerders werk en deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n instapstort, wasbak en toilet het. Die leefarea het 'n lugversorger.

Die oopplan-kombuis het ’n vierplaat-gasstoof, ’n elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, elektriese groenteskiller en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel of op die stoep geniet word. Daar is ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is 'n kluis vir waardevolle items.

Die sitarea het ’n TV met Netflix en gratis WiFi. 'n DStv-skottel is geïnstalleer en gaste kan hul eie dekodeerder saambring. Die sitarea lei na ’n ruim onderdakstoep met ’n ingeboude braai-area en see-uitsig. Daar is parkeerplek voor die eenheid.

Gaste kan op die strand ontspan, walviskyk in seisoen, of voëlkyk by die Rocherpan Natuurreservaat, waar daar ook wildeblomme is in die lente. Naby geleë dorpe sluit in Elandsbaai, Lambertsbaai noordwaarts en St Helena, Paternoster, Saldanhabaai, Langebaan en Darling suidwaarts.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Hullet H
Gesin met klein kinders
5.0
Ons soos familie laat voel. Elke sent werd, ek sal meer betaal as hulle meer vra. Baie vriendelike mense, sal weer teruggaan. Jy kry van alles, just i...
Sien meer
Mrt 2025
Tom F
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en privaat met al die geriewe wat nodig is. Volpunte vir Hester. Skoon met alles wat ons nodig het om baie lekker vakansie te hou. Sal beslis ter...
Sien meer
Mrt 2025
Ray S
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf met vriendelike ontvangs. Fantastiese eenheid met alle fasiliteite wat mens nodig het vir 'n vakansie. Skoon en netjies. Stil area...
Sien meer
Jan 2025
Martie K
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het so lekker gebly dat ons vir seker weer daar gaan kuier. Baie gerieflike plek om in te bly. Loopafstand van die strand. Super skoon en volledig...
Sien meer
Nov 2024
Kobie V
Saam met vriende
5.0
Beste in die Weskus. Skoon, netjies en veilig. Ons het heerlik gebly in 5 on Weste. Baie keurige huisie met alles wat jy nodig het daarin. Ons gasvrou...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Weste-straat 5, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 on Weste het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weste-straat 5, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf7696133750b7aa23e53630063750be8ef697bdd5281da2596d4f94bc6999d8ad7d95091fa5bbe66b50e4ed485823e4049f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4) 41 5 1 5 5 Weste Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.687347840729 18.241589192451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011