Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

52 Gleniqua

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

52 Gleniqua is 'n lieflike vakansiehuis in Groot Brakrivier, 'n kusdorpie naby Mosselbaai. Die dorp is bekend vir sy milde klimaat regdeur die jaar, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers met 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping geleë met 'n privaat ingang, en dit het 'n dubbelbed en sy eie badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het albei 'n dubbelbed terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie kamers het toegang tot 2 gedeelde badkamers, elk met 'n stort.

Die oopplan-kombuis en -leefarea is onder geleë. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitkamer maak oop op 'n onderdakstoep met 'n braai-area en piekniektafel. Veilige parkeerplek word voorsien vir 2 voertuie in die dubbeltoesluitmotorhuis.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eenplaatstoof en etenstafel met sitplek vir 2. Die sitarea lei na 'n beskutte stoep met braaigeriewe.

Gaste kan uitsien na visvang, voëlkyk, bootry, duik, snorkel, swem, voetslaan, gholf en valskermsweef in die area.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lunell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink 52 Gleniqua het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd78b0dc7c006575c0ef16763ebdff6045fe32da2cb7de6dff34f1c76e901d32d00436982880bef340f900718353fee5ca621?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 52 Gleniqua Drive Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 11:00 -34.0493049 22.303201

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang