6 On Bloumagriet
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloumagrietsingel 6, Britannia Beach Estate, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
6 On Bloumagriet is 'n bekoorlike vakansiehuis in op die Britannia Beach Estate in St. Helenabaai. Dit bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n vakansie naby die strand.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit bied slaapplek aan 6 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Elke slaapkamer het lugversorging en daar is 'n TV in die tweede en derde slaapkamers.
Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met 6 stoele, 'n slim-TV en 2 gemaklike rusbanke. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Gratis WiFi, veilige parkeerplek, 'n toegeboude stoep en ingeboude braaigeriewe met buitesitplek is ook beskikbaar. Die huis is stapafstand vanaf Britanniabaai se strand wat welbekend vir aktiwiteite soos kajakvaart en bootritte is indien gaste hulle boot wil saambring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Carin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Bloumagrietsingel 6, Britannia Beach Estate, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink 6 On Bloumagriet het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloumagrietsingel 6, Britannia Beach Estate, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap