Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 Cross Street - De Kothuize

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross-straat 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R740 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

7 Cross Street - De Kothuize bied bekoorlike Karoo-verblyf naby Parsonage Street in Graaff-Reinet se geskiedkundige middedorp. Dit bied verblyf in 2 eenhede wat apart of saam vir 'n groep van 6 gaste bespreek kan word. Hier kan gaste hulle verdiep in die Graaff-Reinet van die verlede deur die dorp se verskeie museums te besoek. Daar is ook 'n klompie goeie restaurante en geriewe net 'n kort entjie van die eenheid af.

Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n antieke dubbelhemelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het 'n en suite-badkamer, een met 'n bad en 'n stort, en die ander met net 'n stort. Die kombuis het nog sy oorspronklike vuurherd en skoorsteen. Daar is 'n gekombineerde eet- en sitarea langs die kombuis. Dit lei na 'n geplaveide stoep met 'n tafel en stoele en dan na 'n tuintjie met 'n grasperk wat met die tuinkothuis langsaan gedeel word. Die huis bied klassieke antieke meubels, items en afdrukke teen die mure.

Die tuinkothuis is 'n bekoorlike oopplan-slaap- en -sitarea met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid het ook 'n kombuisie wat goed toegerus is en dit bied toegang tot 'n stoep met 'n ketelbraai en 'n tuintafeltjie en stoele langs 'n grasperkie. Hierdie eenheid het lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die woonstel is aan die agterkant van die hoofhuis by Cross-straat 7 en word vanaf die straat via 'n aparte sy-ingang deur 'n nou stegie langs die kant van die huis en verby die stoep en tuinarea bereik.

Gaste het toegang tot aangewese parkeerplek op die perseel wat 'n hoogtebeperking van 1,8 km het. Enige voertuig wat hoër as dit is moet by De Kothuize se hoofparkeerarea by Parsonage-straat 4 geparkeer word. Dit is so 5 minute se stap ver.

Indien nodig kan die eenhede saam bespreek word. In só 'n geval is daar 'n skakeldeur wat van die tuinkothuis se kombuis na die ander eenheid lei. Hierdie deur is normaalweg gesluit, maar kan dan oopgesluit word om direkte toegang tot die hoofhuis se stoep en leefarea te bied.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Wilna V
Gesin met klein kinders
5.0
Beste gastehuisie ooit - baie ruimte en netjies en baie mooi badkamers. Dit is letterlik die gerieflikste plekkie ooit! Baie ruimte en alles werk 100%...
Sien meer
Aug 2024
Anneke V
Saam met lewensmaat
5.0
Ligging was amazing. Baie lekker dankie. Perfekte ligging.
Mrt 2024
Lucinda G
Saam met vriende
5.0
Mooiste ou huis. Verskriklike oulike huis. Alles wat mens nodig het. Lekker gebly.
Mrt 2023
Marthinus S
Saam met lewensmaat
4.8
Uitstekende verblyf- sal definitief dit weer gebruik. Verblyf is ruim, netjies en baie gerieflik en veilig.
Jan 2024
Nicole Jordan M
Besigheidsreis
4.4
Mooi netjiese historiese huis. Die huisie was perfek met baie spasie en alles wat jy nodig het. Die straat is net baie raserig deur die nag met die lo...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 241

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Cross-straat 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink 7 Cross Street - De Kothuize het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R740
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R740
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross-straat 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbffe7c708decc62dfed0945735ed17a5ad57aa6babf32b503fcc923caef36847eea70df312237f4233f885f4fce4a51b4bb3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R740 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 7 Cross Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.251232 24.537277

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang