Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 on Straus

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

7 on Straus bied oornagverblyf in 'n ruim en smaakvol versierde tuinwoonstel op die eienaar se eiendom in Beaufort-Wes. Gaste het egter toegang tot hul eie geriewe sowel as 'n privaat ingang.

Hierdie eiendom het 'n omskakelaar wat die ligte en muurproppe ondersteun tydens beurtkrag.

Dié eenheid met lugversorging is ideaal ingerig vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n slaapkamer, badkamer en kombuisie. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe met komplimentêre melk, koffie, suiker en beskuitjies. Daar is 'n 2-sitplek-etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se vermaak is daar 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale en WiFi is beskikbaar. Die verblyf is ook toegerus met 'n herlaaibare waaier.

Gaste kry veilige onderdakparkeerplek vir 'n motor en 'n sleepwa voor die eenheid asook 'n onderdakstoep met sitplek buite waar gaste kan ontspan terwyl hulle braai.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gert P
5.0
Perfect. Heerlik gewees om te oornag. Dit was skoon. Dankie, ek sal vir seker weer daar oornag.
Mrt 2024
Antoinette V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en baie skoon. Die plekkie was netjies, die netjiesste plek in al my jare se oornagplekkies. Gasvry ontvang, absoluut wonderlik.
Jan 2024
Natasha F
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, koel, rustig, stil. Rina is 'n ster gasvrou voordat sy ons nog ontmoet het, sy laat jou tuis voel. Het vanaf 'n warm pad gekom en die kamer w...
Sien meer
Des 2023
Line G
5.0
Pragtig, skoon, veilige en netjiese verblyf. Lieflike, skoon en netjiese plekkie met baie vriendelike diens. Plekkie is lekker toegerus. Ons het heerl...
Sien meer
Des 2023
Kyla K
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese, skoon, goeie aandag aan detail. Kan 100% aanbeveel! Ek en my man het by die akkommodasie aangekom en was baie vriendelik verwelkom en het so...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink 7 on Straus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA977a0c6a9f08a927e9e10e02b2dbce2d4c7ad13e99ea9ddb9cd80fe947a3f63855d49e78b597bdb18e1bb4cfb50c41cbe9ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 7 Straus Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.356326254772 22.599873386576

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang