Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 on Straus

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

7 on Straus bied oornagverblyf in 'n ruim tuinwoonstel wat op die eienaar se perseel in Beaufort-Wes geleë is. Gaste het egter toegang tot hul eie geriewe sowel as 'n privaat ingang.

Die woonstel het 'n omsetter wat die ligte en muurproppe tydens beurtkrag aan die gang hou.

Dié oopplan-eenheid het lugversorging en is ideaal vir 2 gaste. Daar is 'n slaapkamer, badkamer en kombuisie. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe met komplimentêre melk, koffie, suiker en beskuitjies toegerus. Daar is 'n etenstafel waar 2 gaste hul maaltye saam kan geniet. Verder is daar 'n TV met die volle DStv-pakket. WiFi is beskikbaar. Die verblyf het ook 'n herlaaibare waaier.

Veilige onderdakparkeerplek voor die eenheid vir 'n voertuig en sleepwa, 'n onderdakstoep met sitplek buite en braaigeriewe word voorsien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elrie T
Saam met lewensmaat
5.0
The host was friendly and we would definitely book here again. Had an incredible stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Johann L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig netjiese plek. Alles wat nodig is. Vriendelike, behulpsame gasvrou. Ons het baie lekker oornag. Die netheid van die plek was opvallend. Heerli...
Sien meer
Nov 2024
Gert P
5.0
Perfect. Heerlik gewees om te oornag. Dit was skoon. Dankie, ek sal vir seker weer daar oornag.
Mrt 2024
Antoinette V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en baie skoon. Die plekkie was netjies, die netjiesste plek in al my jare se oornagplekkies. Gasvry ontvang, absoluut wonderlik.
Jan 2024
Natasha F
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, koel, rustig, stil. Rina is 'n ster gasvrou voordat sy ons nog ontmoet het, sy laat jou tuis voel. Het vanaf 'n warm pad gekom en die kamer w...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink 7 on Straus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strauss-straat 7, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA977a0c6a9f08a927e9e10e02b2dbce2d4c7ad13e99ea9ddb9cd80fe947a3f63855d49e78b597bdb18e1bb4cfb50c41cbe9ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 7 Straus Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.356326254772 22.599873386576

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang