77 Fleur Park
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R300 skoonmaakfooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Ekstra kostes vir die gas se rekening:
- 'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet met aankoms betaal word sowel as 'n skoonmaakfooi van R300.
- Let asb. dat Fleurpark 'n privaat vakansie-oord is met 'n groot aantal permanente inwoners.
Die volgende reëls geld vir alle besoekers:
1. Partytjies: Weens die samestelling van Fleur Park se inwoners is dit nie geskik vir partytjies nie en word geen partytjies toegelaat nie.
2. Spoedlimiet in Fleurpark is 15 km per uur. Pasop asb. vir kinders.
3. Karavane, die oprig van tente, draagbare swembaddens en die gebruik van motorfietse en vierwielmotorfietse word nie toegelaat nie.
4. Busse en groot bote word nie toegelaat nie.
5. Die aantal gaste per chalet moet by gehou word. 'n Maksimum van 6 gaste per tweeslaapkamer-chalet en 8 gaste per drieslaapkamer-chalet word toegelaat. Geen dagbesoekers word toegelaat sonder dat reëlings vooraf getref is nie.
6 Normale munisipale reëls en regulasies geld in Fleur Park.
7. Gaste mag nie alkohol in die straat, op die grasperke of by Fleur Park se strand inneem nie.
8. Skade wat deur gaste aan gemeenskaplike eiendom aangerig word sal van gaste se deposito verhaal word.
9. Harde, uitermatige geraas en musiek, alkohol- en dwelmmisbruik word nie toegelaat nie. Lawaai word ook nie tussen 23:00 en 09:00 toegelaat nie. Gaste mag nie musiek uit hul motors speel nie. Moet ook asb. nie hard praat of skree nie, veral nie op die stoepe nie.
10. Gaste kan die toegangspaaie na die strand gebruik.
11. Vure word slegs in die aangewese braai-areas toegelaat.
12. Troeteldiere word nie toegelaat nie.
13. Slegs 2 voertuie word per chalet toegelaat en moet in die motorhawens en opritte geparkeer word waar hulle uit die pad uit is. Gaste moenie onnodig tussen huise en oor grasperke ry nie.
14. Vullis, klippe, skulpe, gruis of bene mag nie net rondgestrooi of op die gras gelos word nie.
15. Gaste mag nie balspeletjies tussen die huis en geparkeerde motors speel nie.
Indien gaste nie hierdie reëls nakom nie kan hulle hul volle besprekingswaarde verbeur en gevra word om die perseel onmiddellik te ontruim.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Eenheid 77 Fleur Park, Faure Marine-rylaan, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang