9 Coogee Bay
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
9 Coogee Bay is 'n selfsorg-woonstel aan die seekant van Gonubie-baai. Die kompleks is aan die beginpunt van die paadjie wat verby die getypoel tot by Gonubie-strand en die rivier lei. Dié rivier kronkel al langs die pragtige berge.
Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers,1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. In die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is daar dubbelbeddens. Die hoofslaapkamer bied toegang tot 'n dek. 'n Slaapbank is in die sitkamer beskikbaar.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. In die sitkamer is daar gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Die leefarea bied toegang tot 'n dek wat uitkyk oor die see. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar en daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Deary-rylaan, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap
- Gaste dink 9 Coogee Bay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap